Wasserfall-moord: Vandag moet DNS -uitslae in wees

Daar is kommer oor die vertraging in DNS-toetse in die moordsaak van Shannon Wasserfall wat reeds in April 2020 vermis geraak het en later dood gevind is in Walvisbaai. Die saak sal weer vandag voorkom, en volgens die Walvisbaai-landdros Vicky Nicolaidis, het sy die saak vir die laaste keer in Maart vanjaar uitgestel om te wag vir Nampol se DNS-uitslae. Die twee moordbeskuldigdes Azaan Madisia en haar broer Steven Mulundu het onskuldig gepleit op alle klagte teen hulle. Daar word aangevoer dat hulle Wasserfall vermoor het en haar liggaam in ‘n vlak graf net buite die kusdorp begrawe het. Die politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah is van mening om die proses te vertraag is net so goed om hulle van geregtigheid  te ontneem.