Belastinggeld-geding was misverstand – Chinese firma

Die Chinese firma, Avic International, wat deel vorm van die konstruksie van die Windhoek-Hosea Kutako hoofweg sê hy het die dispuut met sy werkers opgelos en almal het reeds teruggekeer werk toe. Dit volg nadat werkers gestaak het omdat die maatskappy belasting by hulle afgetrek het maar nie aan die regering oorbetaal het nie. Volgens Avic International se projekbestuurder Wei Qiang Ding, is 1,8 miljoen Namibiese dollar in drie jaar van 240 werkers afgetrek en wel oorbetaal maar, dit kan nie toegeken word aan die individuele werkers nie omdat hulle nie vir belasting geregistreer is nie. Hy sê die werkers was onder die indruk dat die fondse afgetrek is en vir die maatskappy gehou is. Die Namibia Economic Freedom Fighters was ook betrokke by die aangeleentheid.