Wasserfall-moord die week in die hoërhof neergelê

Die beskuldigdes in die moordsaak van die Walvisbaaier Shannon Wasserfall verskyn weer vandag voor regter Christie Liebenberg. Azaan Madisia en Steven Mulundu het 24 Augustus weer vlugtig in die Windhoekse hoërhof voor Liebenberg verskyn. Die verhoor is vir die week neergelê en daarna weer vanaf 6 tot 10 Maart en 27 Maart tot 31 Maart. Die twee word daarvan aangekla dat hulle Wasserfall vermoor het en haar oorskot in ‘n vlak graf agter die Dunes Mall by Walvisbaai in 2020 begrawe het. Wasserfall se moord het gelei tot protesoptogte in verskeie sentrums regoor die land.