Warmbad-inwoners moet geduldig met dienslewering wees

Die Karasburg Oos raadslid, Anseline Beukes het inwoners van Warmbad in die Karas-streek gevra om geduldig te wees met dienslewering aan die gemeenskap. Warmbad, ongeveer 50 kilometer suid van Karasburg is ‘n geskiedkundige nedersetting maar is onderontwikkeld. Daar is ongeveer 300 huishoudings met die groter meerderheid wat werkloos is. Die nedersetting het 50 toilette ontvang sowel as straatligte in die Witdrift en Rooikoppies gebied, teen ‘n koste van 3,5 miljoen Namibiese dollar. Die streeksraad het toiletvoorsiening en elektrisiteit geprioritiseer vir landelike gebiede in die streek. Volgens Beukes sal die tweede fase Guchabes en Lekkerlag by die nedersetting sanitasie-dienste ontvang.