Mashaba sê Ramaphosa moet EFF-protes keer

ActionSA se leier, Herman Mashaba, raai President Cyril Ramaphosa en die regering aan om leierskap te toon en te keer dat die EFF Suid-Afrika in anargie dompel met sy planne om die land Maandag tot stilstand te probeer dwing. ActionSA se woordvoerder, Lerato Ngobeni, sê Mashaba is deur verskeie sakeleiers, insluitend verteenwoordigers van groot internasionale korporasies, gekontak. Hulle sê hulle sluit teen geweldige koste hulle ondernemings om hulle werknemers en eiendom teen die EFF se dreigemente van geweld te beskerm: