Warm en droog die komende somer

Daar is twee voorspellings vir die sogenaamde Enso-weerpatroon, een deur die Climate Prediction Centre en een deur die International Research Institute for Climate, en beide voorspel ‘n dominante El Nino-patroon tot ten minste volgende jaar Maart. Die aanduidings is ook dat die grootste dele van Namibië bogemiddelde temperature sal ervaar. Die navorsingsinstituut toon dat daar moontlik ‘n gedeeltelike La Nina-verksynsel sal wees maar op amper nul persent terwyl neutrale toestande teen Maart 2024 ongeveer ‘n 35 persent waarskynlikheid sal bereik. In iedergeval is die voorspelling uiters nadelig vir Namibië. Dr. Chris Brown, stigter van die Namibiese Kamer van die Omgewing, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die hoë temperature alleen weiding beïnvloed en dat teen 2040, beesboerdery in die Suide en die sentrale gebiede uiters beperk sal word.