Ware toestand van SA ‘is ekonomiese krisis’

Die Activists and Citizens Forum sê die ware stand van Suid-Afrika is dat dit in ‘n politieke en ekonomiese krisis verkeer. Die organisasie sê polities is die land leierloos, en ekonomies is die land in die intensiewe sorgeenheid. Die forum sê staatskaping en korrupsie het Suid-Afrika met verlammende beurtkrag gelaat wat alle elemente van die lewe ontwrig. Die woordvoerder, Dennis Bloem, sê baie ondernemings het die afgelope jaar hul deure gesluit, en miljoene werkers het hul werk verloor.