Wapengeweld is ‘n epidemie – Biden

Die Amerikaanse President, Joe Biden, sê wapengeweld in Amerika is ‘n epidemie. Hy het ‘n beroep op die Senaat doen om die twee wetsontwerpe goed te keur, wat verlede maand deur die Huis aanvaar is. In die jongste skietvoorval is vyf mense Woensdag in Suid-Carolina doodgeskiet. Die president het ‘n uitvoerende bevel uitgereik vir onder meer ‘n beperking op sogenaamde spookwapens wat mense self kan bou deur onderdele en aanwysings aanlyn te bestel. Biden sê hy het juis die Tweede Wysigingswet op Veilige Hawes aangekondig weens die aanval op wapenregte: