Wanaheda-polisiestasie kry kindervriendelike hoekie

Die Wanaheda-polisiestasie is die eerste polisiestasie wat ‘n kindervriendelike hoekie gekry het. Soos die spreekwoord sê, niemand is bo die wet verhewe nie, en ‘n ma kan ook gearresteer word. Dit is een van die redes waarom die Wanaheda-polisiestasie ‘n kindervriendelike hoekie gekry het. Adjudant-offisier Silas Shipandeni van Namibiese polisie het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê die idee is om seker te maak die kinders word gemaklik gehou terwyl hul ma’s aangekla of ondervra word.