Walvisbaaise ma blameer polisie vir haar kind se moord

Die ma van die vyf-jarige Wilfred Eiseb van Walvisbaai lê sy moord voor die deur van die Namibiese polisie. Die 33-jarige Memory Eises sê die polisie het versuim om haar en haar kinders teen haar beweerde gewelddadige man te beskerm. Sy sê sy was vanaf verlede Dinsdag nadat haar man byna haar sinkhuis afgebrand het, elke dag by die Kuisebmond-polisiekantoor om tevergeefs hulp teen haar man se mishandeling gaan soek. Nampol in die Erongo-streek het bevestig ‘n ondersoek is goedgekeur. Die kind se stiefpa, die 29-jarige Rikkie Narib, het in die Walvisbaaise landdroshof verskyn en bly in aanhouding tot sy volgende verskyning op 22 Maart. Die seuntjie se liggaam is Vrydagaand in die duine agter Narraville gevind.