Walvis se owerhede maak verkeerd met uitsettings

Die kennisgewing van die Walvisbaaise munisipaliteit dat onwettige strukture van munisipale grond verwyder moet word, is met gemengde reaksie in die gemeenskap begroet. Indien die strukture nie voor 31 Maart verwyder is nie, sal inwoners van onwettige sinkhuise aangekla word wat met skuldigbevinding boetes of tronkstraf kan kry. ‘n Voormalige raadslid en gemeenskapsaktivis, Knowledge Ipinge, gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.