Walvis-owerhede waarsku laaste keer

Die munisipaliteit van Walvisbaai het inwoners met ongoedgekeurde en ongemagtigde strukture op grond in munisipale besit gemaan om hulle voor 31 Maart te verwyder of vervolging in die gesig te staar. Die dorp se uitvoerende hoof, Muronga Haingura, het in ‘n openbare kennisgewing beklemtoon dat indien die ongemagtigde grondgebruik nie gestaak word nie of die onwettige strukture nie teen die gegewe datum verwyder word nie, inwoners boetes kan ontvang. Die munisipaliteit sê hy sal alle nodige maatreëls tref om te verseker dat onwettige grondgebruik tot ’n einde kom en dat onwettige strukture verwyder word van grond wat deur die raad besit word.