Owerhede gereed om Namibiërs uit Oekraïne te ontruim

Die adjunkdirekteur van inligtingsnavorsing in die plaaslike ministerie van internasionale betrekkinge, Marbeline Goagoses, sê die Namibiese regering is gereed om landsburgers in die Oekraïne te ontruim. Goagoses gesê daar is ongeveer 114 Namibiese studente in daardie land, en dat die studente in noue kontak met die Namibiese diplomate. Sou daar geweld of oorlog uitbreek sal daar met ‘n ontruimingsplan vorendag gekom word. Sy voeg by dat as beginsel, glo en bepleit Namibië ‘n vreedsame oplossing van enige politieke konflik wêreldwyd.