Walvis-munisipaliteit moet interne ouditeur aanstel

Die Walvisbaai-munisipale raad het aanbeveel dat ‘n gekwalifiseerde interne ouditeur aangestel word om interne oudit-dienste aan die munisipaliteit te verskaf. Daar sal van die interne ouditeur verwag word om al die departementele funksies binne die munisipaliteit te oudit. Sedert die bedanking van die permanente ouditeur in 2008, is die pos vakant. Hierdie dienste is later deur die munisipaliteit aan ‘n ongekwalifiseerde boekhoufirma uitgekontrakteer en dit is later in 2016 beëindig weens bedrieglike optrede deur die firma wat onder die aandag van die raad gekom het. Die ouditeur-generaal het onlangs aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat nie een munisipaliteit in die land ‘n skoon oudit ontvang het nie.