Walvis-kerk stoei oor parkeerarea-grond

Vanaf die kus word daar berig dat die St. Peter’s Katolieke Kerk sterk gekant is teen ‘n besluit deur die Walvisbaai-munisipaliteit wat die kerk reeds 30 jaar as parkering benut. ‘n Vergadering is belê maar die kerk se waarnemende voorsitter, Mario Polster het aan plaaslike media bevestig dat die grond reeds in 2021 aan die kerk belowe is. Hy voer ook aan dat die kerk aangebied het om die grond te koop maar, dat die munisipaliteit wil nou die grond aan ‘n ontwikkelaar verkoop. Die munisipaliteit voer aan dat die beplande verkoop geadverteer is, sowel as die hersonering van die grond, en dat die periode vir kommentaar reeds gesluit het. Die kwessie sal nou deur die ministerie van stedelike ontwikkeling ondersoek word met ‘n besluit wat na ‘n maand verwag word.