Walvis Bay Salt Eagles berei goed voor

Namibië se onder-19 Walvis Bay Salt Eagles is besig om voor te berei vir hul eerste IKR Onder-19 Krieket Wêreldbeker groepwedstryd Maandag op die Diamond Oval in Kimberley, Suid-Afrika teen Australië. Die toernooi begin vandag. Kosmos 94.1 Nuus het met Alexander Volschenk, die span se kaptein, gesels oor die emosies in die kamp voor hulle eerste wedstryd en of hulle enige kommer het oor die weerstoestande en spelersaanpassing.