Waluś-parool sal plaasvind na mediese klaring ontvang is

Die Departement van Korrektiewe Dienste sê Chris Hani se moordenaar, Janusz Waluś, se parool sal eers afgehandel word nadat hy die nodige mediese klaring ontvang het. Dit volg na ‘n ooreenkoms tussen sy regspan en die staatsprokureur. Die Poolse burger sou gister op parool vrygelaat word ná ‘n beslissing verlede week deur die Konstitusionele Hof. Waluś is Dinsdag deur ‘n medegevangene in die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria met ‘n skerp voorwerp gesteek. Hy ontvang behandeling in die tronk.