Walus-parool: SAKP sê Hani se dood moet weer ondersoek word

Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty wil hê Chris Hani se moord moet weer ondersoek word. Dit kom terwyl die 69-jarige Janusz Walus aanstaande week weer vry sal wees. Die Konstitusionele Hof het verlede week beveel Hani se moordenaar moet na gevangenisstraf van 28 jaar op parool vrygelaat word. Die sekretaris van die SAKP se Wes-Kaapse distrik, Monde Nqulwana, sê Walus se vrylating kan tot burgerlike onrus aanleiding gee: