Walus mag nie appelleer nie

Die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria het Janusz Walus, wat die SAKP-leier Chris Hani vermoor het, se aansoek van die hand gewys om na die Appèlhof te appelleer teen die weiering dat hy op parool vrygelaat word. Regter Elizabeth Kubushi het bevind dat daar geen hoop op sukses in die Appèlhof is nie. Walus is reeds 28 jaar lank in die tronk nadat hy Hani in 1993 buite sy huis in Boksburg doodgeskiet het. Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty en Hani se weduwee, Limpho, hou vol dat Walus moet onthul wie agter die moord was.