Bielie van ‘n hofrol

Dit was ‘n besige oggend in die Mosiehof in die hoofstad. Regters Harald Geier Boas Usiku het 266 aansoeke vir verstek vonnisse hanteer waarvan 97 deur kommersiële banke gebring is. Daar as 22 reël 108 aansoeke. Daar is ‘n rekord 23 voertuie opgeëis wat onbetaald is terwyl 41 eiendomme met ‘n totale uitstaande skuld van net minder as 60,3 miljoen Namibiese doller teruggevra is. Drie-en-dertig onbetaalde lenings ter waarde van 6,6 miljoen Namibiese doller moet ook betaal word. Maandag sal Regter Collins Parker 96 onverdedigde egskeidings hanteer.