Walters sal met ‘Struggle Kids’ ontmoet

Die Ombudsman Advokaat John Walters sal ‘n openbare verhoor met die sogenaamde Kinders van die Vryheidstryd hou. Die ontmoeting sal op 21 April om 9-uur die oggend op die Ndilimani-plot net noord van die hoofstad plaaslvind. Volgens Walters wil hy ‘n gesprek met die groep hou oor hulle spesifieke uitdagings. ‘n Paneel sal saam met Walters die bespreking hanteer. Latere gesprekke sal ook op Eenhana en in Oshakati plaasvind en die datums sal binnekort bevestig word. Die verhore is openbaar en die publiek is welkom. Die Ombudsman het onlangs ‘n oorwinning in die Hoërhof gehad teen die aanstelling van die kinders in verskeie poste sonder enige keuringsproses.