Walters as waarnemende ombud aangestel

Weens die kansellering van onderhoude vir die pos van die Namibiese ombudsman, is die huidige ombudsman, advokaat John Walters, weer vir ‘n tydperk van twee maande vanaf 1 Augustus as waarnemende ombudsman aangestel. Hy sou einde Julie afgetree het. Die Regsdienskommissie sal volgens ‘n mediaverklaring nou voortgaan om die proses te finaliseer om ‘n nuwe ombudsman voor 1 Oktober aan te stel.