Walmart maak aanbod vir Massmart

Die Amerikaanse kleinhandelreus Walmart Incorporated het ‘n aanbod van 6,4 miljard Suid-Afrikaanse rand aangekondig vir die oorblywende 47 persent van Massmart se aandele wat hy nie reeds besit nie. Die maatskappy se aandele het met die aankondiging met 46 persent laat styg en sou dit deur aandeelhouers goedgekeur word, sal die Massmart van die Johannesburgse Aandelebeurs gedenoteer word. Walmart bied 62 rand vir elke aandeel aan wat 53 persent hoër is as Vrydag se sluitingsprys. Sedert die verkryging van meerderheidsbeheer oor Massmart in 2010, moes die Amerikaanse kleinhandelaar toenemende vlakke van finansiële en operasionele ondersteuning aan Massmart se besighede verskaf. Massmart se bestuur het in 2019 ‘n omkeerplan van stapel gestuur wat die verkoop van nie-kernbates, die verwydering van vars kos uit sy Game-winkels en die besnoeiing van koste regoor die groep, ingesluit het. Covid-19 het die plan vertraag.