Wallabies moet weer wen anders beteken Adelaide niks

 Die Australiese agterspeler Jed Holloway, sê verlede week se oorwinning teen Suid-Afrika in Adelaide sal niks beteken as hulle dit nie weer Saterdag in Sydney regkry nie. Die Wallabies het die Springbokke verlede naweek 25-17 geklop. Holloway sê vandeesweek se voorbereidings gaan oor konsekwentheid aangesien hulle nog nie vanjaar twee agtereenvolgende oorwinnings kon behaal nie. Hy sê hulle verwag teenreaksie van die Bokke in Sydney.