Europa se bergingsfasiliteit is 80% vol gas

Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê die Europese Unie het sy bergingsplekke vir gas tot 80 persent van die kapasiteit gevul en sodoende hulle teiken voor die sperdatum bereik. Die Europese parlement het in Junie planne goedgekeur om die vul van bergingsplekke teen 1 Oktober af te handel wanneer Europa se koeler maande aanbreek. Von der Leyen sê hulle het hernubare bronne nodig om afhanklikheid van Russiese fossielbrandstof te beperk: