Waglyste geskep vir ivermektien

Ivermektien bly gewild onder Namibiërs vir die behandeling van Covid. Terwyl dit nou moontlik is om ‘n voorskrif te bekom vir ‘n saamgestelde produk vir menslike gebruik, wil dit voorkom asof lede van die publiek steeds die veeartseny produk benut. Plaaslike media berig dat sommige handelaars in vee-medisyne meer as 1 000 mense op ‘n waglys het, by winkels regoor die land. Verspreiders het ook bevestig dat die produk, wat ontwikkel is om parasiete in vee te behandel, moeiliker raak om te bekom. Die kwessie van ivermektien is steeds omstrede met die Namibiese gemeenskap wat verdeeld is oor die gebruik hiervan of, om die inenting te neem.