Groep van 27 verskyn na verwagting vandag

‘n Video op sosiale media van ‘n groot groep mans wat voertuie by die hoofbegraafplaas in die hoofstad tol en skote in die lug afvuur het groot reaksie uitgelok. Die groep van 27 is uiteindelik in hegtenis geneem en staar verskeie klagtes in die gesig. Die groep het volgens berigte die begrafnis van Lee Namaseb wat op 27 Junie in ‘n motorongeluk gesterf het. Die groep het later in Randstraat in Khomasdal bymekaar gekom en is daar in hegtenis geneem. Daar word verwag dat die groep vandag in die hof sal verskyn.