Waglys (weer) vir graad 1- en 8-leerders

Die onderwysministerie ondervind uitdagings met die plasing van graad 1- en graad 8-leerders in die Otjozondjupa-, Khomas- en Erongo-streke. In die Khomas-streek wag 389 graad 1-leerders en 600 graad 8-leerders steeds vir plasing. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Sanet Steenkamp, sê ‘n opdatering oor plasingsvordering word teen die eerste week van Februarie verwag, waarna die ministerie onder meer sal weet of meer onderwysers by sekere skole geplaas moet word.