Hardap moet toegelaat word om vol te loop

Die Hardapdam is tans net 16,7 persent vol, wat kommer skep onder produsente van die groenskema. Die !Aimab-melkplaas wat besit word deur Namibië Melkerye, ‘n filiaal van die Ohlthaver en List-groep, maak staat op lusern van die skema vir hulle kudde. Kosmos 94.1 Nuus het met Sven Thieme, voorsitter van die O&L-groep, gepraat wat sê die dam moet weer toegelaat word om vol te loop.