Waglys vir chirurgie by Steve Biko Akademiese Hospitaal groei tot 2 010 pasiënte

Die DA in Gauteng sê die waglys vir chirurgie in die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Tshwane het tot 2 010 pasiënte gegroei, insluitend 205 pasiënte wat tussen agt en tien jaar sal moet wag vir kaak-, gesig- en mondchirurgie soos die herstel van ‘n gesplete verhemelte. Die LUR vir gesondheid, Nomathemba Mokgethi, het hierdie inligting in die wetgewer bekend gemaak. Die DA-lid, Jack Bloom, sê 638 pasiënte wat heup-, knie-, rug- of voet-operasies benodig, sal tussen 18 maande en twee jaar moet wag.