Waarskuwing oor toename in terreur-aanvalle in Mosambiek

Die ANC se internasionale betrekkinge-subkomitee waarsku teen ‘n toename in terreur-aanvalle in Mosambiek. Die subkomitee sê dit is ‘n rede tot kommer aangesien die terreur-probleem Suider-Afrika kan beetpak en langtermyn skade aan politieke bestendigheid kan veroorsaak. Die voorsitter van die komitee, Lindiwe Zulu, doen ‘n beroep vir voortdurende pogings om ‘n buitelandse beleid in te stel wat binnelandse uitdagings kan hanteer.