Waar is volksmoord gedenkplek?

Die Sekretaris-Generaal van die NUDO-party Joseph Kaundenge sê dit is verbasend dat Namibië geen gedenkplek vir die 1904 – 1908 volksmoord het nie. Volgens hom is die opstand van die Ovaherero en Nama volk die eerste vryheidstryd in die geskiedenis van die land maar, daar word min histories erkenning hieraan gegee. Kaundenge sê daar is ‘n historiese plek naby Otjinene in die Omaheke-streek, Ozombu zo Vindimba, waar die Duitse generaal, Lothar von Trotha die uitwissing bevel gegee het. Die gebied is in 2011 tot erfenis gebied verklaar maar nog net Unesco het bygedra tot die ontwikkeling daarvan.