Waar is Spencer?

Inwoners in die Karas-streek eis antwoorde in die ondersoek na die verdwyning van die vier-jarige Spencer Nakale op 28 Desember verlede jaar in Lüderitz. ‘n Groep het ‘n petisie aan die streek se bevelvoerder, Kommissaris David Indongo oorhandig. Hulle vra dat die polisie terugvoering gee oor wat in die kameras na aan die hoofpad waar Nakale laas gesien is, opgeneem het en of daar enige verdere leidrade is. Die groep het ‘n beroep op die Namibiese polisie gedoen om die ondersoek na buurlande uit te brei, veral na gerigte dat die kind in Mpumulanga in Suid-Afrika gesien is.