Vyfmylpoort is oop ‘op eie risiko’

Die N7, by Vyfmylpoort, ongeveer 10 kilometer suid van Vioolsdrif in die Noord-Kaap is op die oomblik oop, maar op eie risiko. Amptenare by Vioolsdrif het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die roete wel deur motors kan gebruik word maar, dit is nog nie herstel nie en dus, word motoriste gemaan dat die roete op eie risiko geneem word. Dit beteken natuurlik dat vragvervoer nie die N7 kan benut nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Andre Swart, die depotbestuurder by Coleman Transport gesels en hy sê hulle ry Nakop-Ariamsvlei om wat verder is maar, daar is ondersteuning deur owerhede.