Vyf vas vir wildmisdaad in afgelope week

Tjizire Kohongo en die 43-jarige Angula Kafidi het in die landdroshof op Otjiwarongo verskyn in verband met die onwettige besit van ‘n luiperdvel. Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag van die Namibiese polisie en omgewingsministerie het die 55-jarige Ngoma Mungenyu in die Rundu-landdroshof in verband met die onwettige besit van ‘n muishondvel verskyn. Twee wildmisdadigers is drie dae nadat hulle in hegtenis geneem is in verband met die onwettige jag van ‘n koedoe in ‘n hof skuldig bevind. Die 22-jarige Jacques Araeb en 23-jarige Brenden Haose is gevonnis tot drie maande gevangenisstraf of ‘n boete van 1 000 Namibiese dollar.