Vyf vas vir moordklag op vermeende dief

Vyf inwoners van Okahandja is in hegtenis geneem nadat hulle vermoedelik ‘n man vermoor het wat hulle van diefstal beskuldig het. Volgens die Otjozondjupa-polisie se woordvoerder, inspekteur Maureen Mbeha, sal die drie vroue en twee mans vandag in die hof verskyn. Volgens Mbeha, het die verdagtes die man uit ‘n winkel in die Nau-Aib woonbuurt sien uitstap met 120 Namibiese dollar. Toe hulle agter hom aangaan toe hardloop hy. Hulle het die man gevang en hy het die geld teruggegee maar, Mbeha sê hy is aangerand en is op die toneel dood. Sy identiteit is nie bekend nie.