Vyf vas oor mediese korrupsieskema

Die Namibiese Polisie het 5 mense in die Kavango-Wes-streek in verband met ‘n korrupsieskema van mediese ongeskiktheidstoelae in hegtenis geneem. Van hulle is personeel van die Gesondheidsministerie. Die beskuldigdes, Gedrud Shivambo, ‘n skoonmaker by die Nankudu-distrikshospitaal, Hilisi Siteketa en Boniface Haingura het vandag borgtog van 3 000 Namibiese dollar elk in Kahenge Rondgaande Hof gekry.