Vyf soldate sterf in Kalifornië

Vyf Amerikaanse seesoldate is dood toe hul helikopter tydens ‘n oefenvlug in Kalifornië neergestort het. Die Amerikaanse Mariene-korps sê die ongeluk het tydens ‘n hewige storm gebeur, en die helikopter het in ‘n afgeleë gebied naby San Diego neergestort. Dit het vanaf die Lugmagbasis Creech in Nevada vertrek op pad na Miramar, en is agt uur later as vermis aangemeld. Die soldate se liggame is tydens ‘n soek-en-reddingsoperasie gevind. ’n Ondersoek na die oorsaak van die ongeluk is tans aan die gang.