Vyf N$5,7m dagga-verdagtes borg geweier

Die vyf mans wat in hegtenis geneem is in besit van 5,7 miljoen Namibiese dollar se dagga is borg in die Windhoek-landdroshof geweier. Drie Namibiërs, Rhensley Auchab, Sydney Garoëb en Shaun Krems het saam met die Zimbabwiese burger Kabotsa Willard en Paul Jonas van Tanzanië verskyn. Die vyf is Maandag gedurende ‘n geheime operasie in Prosperita vasgetrek. Die saak is deur landdros Celma Amadhila tot 26 Januarie uitgestel. Daar word verwag dat die verdagtes binnekort ‘n formele borgaansoek sal bring.