Vyf moordverdagtes weer Maandag in hof in Koster  

Vyf mense wat in Noordwes in hegtenis geneem is ná die ontdekking van ‘n liggaam op ‘n plaas naby Koster, sal in aanhouding bly tot hulle Maandag weer in die plaaslike landdroshof verskyn. Stefan Nel, Donovan Martin, Mustafah Albertyn, Wayne Schroeder en Adam Barnard word aangekla van die moord op die 32-jarige Klaas Jobontho, terwyl aanklagte teen Lourene Janse van Niewenhuisen voorlopig teruggetrek is. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Henry Mamothame, sê polisie-ondersoeke het hulle na ‘n kleinhoewe in Doornlaagte gelei.