Vyf met klippe doodgegooi in Tembisa

Die Gautengse polisie het uitgevaar teen ‘n voorval van eiereg in Tembisa waarin vyf mense dood is. Volgens berigte het inwoners die mans met klippe doodgegooi. Die polisiewoordvoerder, Dimakatso Nevhuhulwi, sê mense word gemaan om vermeende misdadige gedrag aan te meld en nie die reg in eie hande te neem nie.