AA bekommerd oor besmette brandstof

Die Outomobiel-assosiasie in Suid-Afrika spreek kommer uit oor vulstasies wat na bewering besmette brandstof verkoop. Dit volg nadat die regering berig het hy het besmette diesel by 70 vulstasies in die land gevind. Die AA se woordvoerder, Layton Beard, waarsku die uitwerking wat dit op voertuie het kan geweldig groot wees, veral omdat verbruikers dit dalk eers in die langtermyn sal agterkom. Hy sê dit kan moontlik wees dat selfs die vulstasies onbewus is die brandstof van sommige verskaffers besmet kan wees. Beard sê hulle weet nog nie hoe wydverspreid die probleem is nie.