Vyf groenskemas presteer redelik goed met mielies
Groenskemas sal na verwagting ‘n oes van net meer as 6 700 metrieke ton lewer wat ‘n goeie bydrae sal maak aan die algehele mielie-oes vir die jaar, wat as redelik swak beskou word. Die landbouministerie sê vyf skemas, wat die beskikbare befondsing ontvang het, het die aanplantings gedoen en die oes-syfers vertoon goed veral omdat klein dele grond aangeplant is. Daar is tussen vyf en tien ton per hektaar geoes by die verskillende groenskemas. In Mei vanjaar is daar beraam dat droëland produsente moontlik 22 000 ton mielies kan lewer terwyl besproeiings-produseerders op ongeveer 61 000 ton staan. Namibië verbruik rondom 130 000 metrieke ton mielies per jaar.