Vyf dood naby Franse ambassade in Tanzanië

Vyf mense is dood in ‘n skietvoorval naby Frankryk se ambassade in Tanzanië. Die aanvaller se vier slagoffers is uitgeken as drie polisielede en ‘n privaat sekerheidswag, terwyl die skieter ook noodlottig gewond is. Ses mense is beseer. Internasionale media berig die land se polisiehoof het aan die media gesê die motief vir die aanval is nog nie duidelk nie. Inwoners is gevra om kalm te bly en president Samma Suluhu Hassan het in ‘n twiet gesê die aanvaller is geneutraliseer en kalmte herstel.