Vultures Namibia bekommerd oor gifstowwe  

Vultures Namibia het sy kommer uitgespreek oor die onoordeelkundige en onwettige gebruik van gifstowwe om roofdiere te beheer wat ‘n vernietigende impak op wild, veral aasvoëls, het. In twee onlangse voorvalle is twee aasvoëls met satelliet-opspoortoestelle op dieselfde plaas langs die NamibRand Natuurreservaat vergiftig. In hierdie geval is dit nie duidelik of die teiken roofdiere of aasvoëls was nie. ‘n Verbrande toestel is op een van die voëls gevind. ’n Geslagte gemsbok-karkas, wat waarskynlik met gif gesmeer was, asook twee dooie Kaapse kraaie, is naby die toneel gevind. Daar is vermoedelik ander diere wat ook vergiftig is.