Ugandese President bekragtig omstrede gay-wetsontwerp

Die Ugandese President  Yoweri Museveni, het die land se omstrede gay-wetsontwerp onderteken en bekragtig, ondanks sterk kritiek uit die internasionale gemeenskap. Die wetsontwerp is in Maart deur parlementslede aanvaar, maar terugverwys vir wysigings. Diegene wat onder die wet skuldig bevind word, kan lewenslange gevangenisstraf, en in ernstiger gevalle, die doodstraf opgelê word. Die wet sal na verwagting in die hof betwis word. ‘n Soortgelyke wet is in 2014 deur die land se konstitusionele hof geskrap.