Vulkaniese uitbarsting op Java eis ten minste 13

Ten minste 13 mense is oor die naweek dood en tientalle beseer na ‘n vulkaniese uitbarsting op die Indonesiese eiland Java. Verskeie dorpies is onder vulkaniese as begrawe wat uit Berg Semeru spuit. Die son word deur die digte rook verduister en die eiland is in donkerte gehul. Die uitbarsting het ten minste elf dorpies in die Lumajang-distrik met vulkaniese as bedek en huise verswelg. Dit het inwoners gedwing om na moskees en tydelike skuilings te vlug.