VSA wil weer gevangenes uitruil met Rusland

Amerikaanse owerhede poog om weer gevangenes met Rusland uit te ruil. Volgens die land se minister van buitelandse sake, Antony Blinken, sal die Russiese wapenhandelaar Viktor Bout, wat tans in die VSA in aanhouding is, aangebied word vir die basketbalspeker, Britney Griner en Paul Whelan wat skuldig bevind is aan spioenasie. Blinken sê hy hoop om die saak, wat reeds met Russiese amptenare bespreek is, persoonlik met sy Russiese eweknie Sergei Lavrov te bespreek.