VSA waarsku teen antibiotika-bestande swam

Die Amerikaanse Sentrums vir Siektebeheer en -Voorkoming het ‘n waarskuwing uitgereik oor die onmiddellike bedreiging vir openbare gesondheid wat die swam, Candida auris, inhou. Alhoewel dit onskadelik is vir gesonde mense, hou dit ‘n ernstige gevaar in vir kwesbare pasiënte. Sommige stamme van die swam is bestand teen antibiotika. Die sentrums monitor die verspreiding van die swam noukeurig, nadat dit in meer as 30 lande aangemeld is. Gesondheidspersoneel word aangeraai om spesiale voorsorgmaatreëls te tref en enige moontlike gevalle by hul plaaslike gesondheidsowerhede aan te meld.