VSA vies vir Saoedi-Arabië oor samewerking met Rusland 

Amerika se President Joe Biden sê Saoedi-Arabië moet gevolge verwag nadat dié land besluit het om saam met Rusland te werk om olie-voorraad te beperk. Volgens berigte het die Opul die Withuis verlede week die harnas ingejaag met sy besluit om olie-produksie van November af tot twee miljoen vate per dag te beperk. Dit het vrese laat ontstaan dat die olieprys skerp sal styg. Die Withuis se woordvoerder Karine Jean-Pierre het Biden se standpunt so verwoord.